Thursday, February 09, 2006
Potgooi 21
Boerseun, ek sal vir Thinus laat weet van jou comments/vra.
Anon, pittige sêgoed is beslis my Lené se speciality!
Dit was nou n stunning potgooi. Ek het regtig nie besef hoe baie ek rugby mis nie!!
BAIE DANKIE. MEER IS WELKOM!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ingrid in Cincinnati, OH, VSA
Nes julle is ek ook n Oos Kapenaar, wat in Kirkwood (naby Uitenhage en Addo is) en toe later na Colechester / Cannonvile (Sondags Rivier Mond) getrek het, en van daar af P.E. toe is. Het ook baie tyd op Boesmans spandeer by vriende van ons wat n strandhuis daar het.
Ek bly in Teddington saam met my vrou, Francesca, en my dogter Anja, en soos ek verstaan is julle net oor die kop van ons af in Wimbledon. Ons is al amper 7 jaar hier, en op die oomblik dink ek self sterk daaraan om terug te gaan Suid Afrika toe, maar ons sal maar sien hoe werk die planne na die einde van die jaar toe.
Daai laaste potgooi oor die rugby was bakgat gewees, en veral geniet om te hoor wat Thinus te se het. Hy kom self van Kirkwood af, en ek kan ondou dat toe hulle under 9's gespeel het, het my pa (wat n onderwyser in Kirkwood was), hulle sponsies genoem. Sponsies vra jy ! ?, ja, want hulle het die veld droog gespeel voor die under 11's en 13's begin speel het. As jy weer met hom praat vra hom of hy dit ondou, maar ek twyfel.
Anyway, wil nie te veel aangaan nie, maar ek geniet die show baie, en sien na die volgende ruggers - potgooi uit. (en die Attie en Lene potgooi ook, voor ek nou onmin in die huis bring !)
het jy geweet die sjinese woord wir repetisie en herhaling is dieselfde?
hey sorry as ek biejtie hard is op jou, maar om vir lene' uit die nuuste show uit te los is onvergeefbaar. (is daai 'n woord?)
rugby gesels saam met thinus delport is cool en alles , maar werklikwaar, meeste ouens skakel in op jou podshow om van lene' te hoor - as ek nou maar eerlik kan wees met jou.
lene' ek hoop dit gaan beter met jou en ek hoop attie hou nie jou uitsaai loopbaan te veel terug nie.
alles van die beste.
mooi loop,
kuberkoos.
die show was baie goed, soos gewoonlik en dit was lekker om thinus se opinies en ervarings te hoor.
alles van die beste.
mooi loop,
kuberkoos.
PS: ek het laas naweek deurgery bloem toe vir die cheetahs/bulls game, geluk met jou span.
<< Home

