Wednesday, December 14, 2005
Potgooi 18

Gorillaz, Dubya, ProtoPage, Roland Schoeman, TWiT en nog meer.
Potnotas:
- Die Poepol (Dubya) se idieë van die Amerikaanse Konstitusie
- Gorillaz
- ProtoPage
- Microsoft se Local Live
- Microsoft se Max
- Wildlife Photographer of the Year (met fotos)
Attie en Lené, dit was 'n mooi verrassing om my naam op jou potgooi te hoor! Ek het 'n e-pos aan julle gestuur met 'n bietjie meer inligting oor ons groep in Londen as julle of enige luisteraars ons wil byvoeg.
Jy is regtig uitsonderlik, omdat jy bereid is om Afrikaans te bly oefen. As Attie my gaan toelaat, wil ek jou ook graag uitnooi om op ons geselsforum te kom registreer, en saam gesels daar oor enige onderwerp. As jy op my naam klik, sal jy reguit soontoe gaan. Sien uit daarna om jou daar ook te sien oefen.
Dankie Attie, vir die klein ad hier op jou site vir ons geselsforum, ek sal nie weer spam nie, hoor.
Dankie vir die uitnodiging. Ek sien baie daarna uit omdat dit belangrik is om oor ander onderwerpe te gesels wat Afrikaans betref. Maar eers moet ek die geselsforum op jou blad vind om daarop te registreer!
Ek het ook 'n paar van jou uitsaais na my iPod afgelaai sodat ek daarna kan luister as ek in die stad loop.
Just clic on my linked name "kraai said" above this message, and you will be entering the kraaiforum.
Baie dankie vir die verduideliking - soms is ek so dom met rekenaars! Ek het net nou geresigistreer.
<< Home
