Monday, October 24, 2005
Potgooi 14

Attie vat houe namens die Bulle en ons gesels oor omgewingsake, Serenity (die fliek), Afrikaans in skole, en 'n klompie ander potgooie.
Potnotas:
- Nuwe mikrofoon
- Keo se siening oor die Bulls vs Vrystaat
- Walvisse en Sonar
- My trofeejag brief
- Kew Gardens fotos
- Serenity (die fliek)
- Afrikaanse skole
- Charles Joubert se potgooi
- Wally McClure se ASP.NET podcast
Instruksies & rss feed is bo-aan die bladsy.
Wat noem jy 'n blou bul wat 'n bottel shampanje ronddra?
'n Kelner.
Wie is die enigste wat 'n shampanje prop kan terugsit op 'n vol bottel.
'n blou bul.
Julle mike klink great hoor. Die taalkwessie is baie sensitief hier, en ons taal word defnitief ondermyn, maar ons kan nie ondergekry word nie. Op die oomblik verkoop afrikaanse fiksie beter as die da vinci code, waar laasgenoemde tot onlangs nog die topverkoper is.
Lene, lees Dalene Matthee se nuutste laaste boek, wat jy by kalaharie.net kan bestel.
Dankie vir jou vertroue in my potgooi Lené!
Serenity is eintlik gebasseer op die reeks Firefly. Het jy dit al gesien? Serenity begin eers volgende maand by ons.
Lené, ek weet nie of jy van SciFi hou nie, maar ek het onlangs State of Fear van Michael Crichton gelees. Nie almal se cup of tea nie, maar ek beveel dit aan. Veral omdat julle gereeld oor environmental issues gesels.
Die sonar en walvisse het my herinner aan 'n X-Files episode "Drive" in Season 6 waar die ondergrondse ELF waves (Extremely Low Radio Frequencies) wat vir kommunikasie met duikbote gebruik word, 'n soortgelyke effek as wat julle beskryf op mense gehad het, na 'n power surge. Ek weet dis die X-Files, maar kyk dit as jy kans het. Baie interessant.
Ek sal haar aanvat op ons volgende gooi.
Across the Nightingale Floor deur Lian Hearn is 'n goeie boek wat afspeel in Japan gedurende die Samurai era. Nie heeltemal Shogun nie, maar nogtaans 'n goeie boek. As jy daarvan hou het ek nog ander aanbevelings.
O ja, ek dink Etiene se hare lyk so effe snaaks op die foto's wat ek al gesien het, so moet nie sleg voel nie Lene, en terwyl ek so spot, wil jy nie vir ons so bietjie meer beskrywend vertel hoe die ou gelyk het in die vliek nie Attie. Jy het effe vinig aanbeweeg.
Ek spot, ek spot!
Dit was 'n lekker potgooi!
<< Home
