Jou potgooi (Afrikaanse podcast) ruimte
Ons is besig om 'n databasis van Afrikaanse potgooie op te stel. Ons sal baie
graag jou potgooi ook wil lys. Jy kan gesels oor net wat jy wil. Vryheid van
spraak geld op die site. Moet ook nie gepla wees oor perfekte Afrikaans nie; ons
wil net hoor wat sê (alle kleure & geure) mense.
Jy kan solank na die volgende potgooie luister:
Wat de hel is 'n potgooi?
Potgooi is die Afrikaanse naam (uitgedink deur DodgyRabbit op Die Attie & Lené show) vir 'n podcast.
Podcasts het in Amerika begin omdat mense siek en sat begin raak het vir radio
stasies wat almal dieselfde klink. Dit is 'n nuwerige medium, maar in die VSA
en Europa is dit al groot. Die naam kom van "pod" (digitale media speler) en
"cast" (soos in broadcast) af.
Van 'n tegniese oogpunt, is dit 'n stel media leërs, gewoonlik MP3s, wat op 'n voorspelbare
manier van die Internet afgelaai kan word.
Hoe luister ek na 'n potgooi?
Die idieë is dat jy elke week 'n nuwe episode aflaai; dit dan op jou eie rekenaar stoor en dan daarna luister
wanneer dit jou pas. Jy kan natuurlik ook daarna luister sodra jy dit afgelaai
het. Jy kry ook gratis sagteware (iTunes,
iPodder ens.) wat die aflaai
proses self vir jou hanteer. Die voorspelbaarheid maak dat die sagteware self
weet as daar 'n nuwe 'episode' is. Die "automatiese aflaai" manier is hoe meeste mense na potgooie luister. Jy kan self kies hoe jy na 'n potgooi wil luister. Meeste mense gebruik maar
Windows Media Player of iTunes of selfs 'n iPod. Let wel: jy het net 'n browser
(soos Internet Explorer) en 'n media player (soos Windows Media Player) nodig.
Die ekstra sagteware is maar net om die aflaai proses te automatiseer.
Hoe maak ek my eie potgooi?
Om 'n potgooi te maak is baie sports en dis makliker as wat jy dink. Al wat jy nodig het om jou eie potgooi te maak is :-
- 'n rekenaar met 'n standaard mikrofoon - jy kan iets duurders ook aanskaf. Ons gebruik 'n Logitech mikrofoon wat £19.99 (R200,00) gekos het.
- sagteware om jou mp3 op te neem - jy kan Audacity heeltemal verniet aflaai. Dit is al wat ons gebruik.
- ruimte op 'n webserver - dit is moontlik die een ding wat kan geld kos. Gelukkig is daar mense soos Boerseun. Boerseun, self 'n potgooier, is besig om 'n site te skêp waar jy wel jou potgooi kan stoor. Gaan loer gerus hier om te kyk of hy al gereed is.
- en 'n feed - dit kan jy weereens verniet skep by feedburner.
- nie te veel inhibisies nie - anders gaan jou potgooi vervelig wees!
Kyk gerus ook na hierdie puik stap-vir-stap gids oor hoe om 'n potgooi te maak. As jy nog hulp soek om jou potgooi te maak, stuur gerus vir my 'n email by info@potgooi.net.
|